Psalms 135:5-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Ek weet dat יהוה groot is en dat ons Meester bo alle gode is.

6. Wat ook al יהוה tevrede stel, dit doen Hy in die hemel en op die aarde, in die seë en in al die dieptes.

7. Hy laat die wolke opgaan vanaf die eindes van die aarde, Hy maak weerligstrale vir die reën, Hy bring die wind uit Sy skatkamers.

8. Hy tref die eersgeborenes van Mitzrayim, beide mens en dier;

9. Hy wat Sy tekens en wonders binne-in jou gestuur het, o Mitzrayim, teen Farao en teen al sy diensknegte;

10. wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:

11. Sigon, koning van die Emoriete en `Og, die koning van Bashan en al die koninkryke van Kena’an

Psalms 135