Psalms 135:16-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Hulle het monde, maar hulle praat nie; hulle het oë, maar hulle sien nie;

17. hulle het ore, maar hulle hoor nie; daar is ook geen asem in hulle monde nie.Ps 115:4

18. Laat dié wat hulle maak en elkeen wat in hulle vertrou, net soos hulle word.

19. Seën יהוה, o huis van Yisra’el! Seën יהוה, o huis van Aharon!

20. Seën יהוה, o huis van Levi! Julle wat יהוה respekvol vrees, seën יהוה!

21. Geseënd is יהוה vanuit Tziyon, Hy wat in Yerushalayim bly! Loof Yah helder en duidelik!

Psalms 135