Psalms 121:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Lied vir die opgaan na die feeste. Ek lig my oë op na die berge, van waar sal my hulp kom?

2. My hulp is van יהוה wat hemel en aarde gemaak het.

3. Hy sal jou voet nie laat struikel nie; jou Bewaarder sal nie sluimer nie.

4. Let op, die Bewaarder van Yisra’el sal nie sluimer of slaap nie.

Psalms 121