2. Gelukkig is hulle wat Sy getuienisse hou en Hom met hulle hele verstand, wil en emosie soek.1 Yog 2:6
3. Hulle doen ook geen boosheid nie; hulle leef in Sy lewenswyse.
4. U het hulle beveel om U instruksies getrou uit te voer.
5. Ag, as my lewenswyse maar gerig was om U instellings te hou,
6. dan sal ek nie beskaamd staan, as ek al U opdragte uitgevoer het nie.
7. Ek sal U loof met uitgestrekte hande in opregtheid van verstand, wil en emosie, wanneer ek U regverdige oordele geleer het.
8. Ek sal U instellings hou; o, verlaat my nie heeltemal nie.
9. Met wat sal die jongman sy lewenswyse onskuldig maak sodat Hy U opdragte kan uitvoer?
10. Ek het U gesoek met my hele verstand, wil en emosie; laat my nie afdwaal van U opdragte nie.
11. U woorde het ek beskerm in my verstand sodat ek nie teen U sal sondig nie.
12. Geseënd is U, o יהוה! Leer my U instellings!
13. Met my lippe het ek al U regverdige oordele oorvertel.
14. Ek was verheug in die lewenswyse van U getuienisse; meer as in alle rykdom.
15. Ek het U instruksies oordink en is bekend met U lewenswyses.Deut 17:18-20
16. Ek het U wet oordink sodat ek nie U boodskappe sal vergeet nie.
17. Antwoord U dienskneg sodat ek kan lewe en U boodskappe gehoorsaam.