Psalms 119:128-141 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

128. daarom het ek al U instruksies lief en ek haat al die metodes van die bose.

129. U getuienisse is wonderlik; daarom onderhou my lewe hulle.

130. Maak U boodskap eenvoudig, gee lig en gee begrip aan die eenvoudiges.

131. Ek het my mond oopgemaak en gehyg, want ek het verlang na U opdragte.

132. Kyk af op my met onverdiende guns, want ek het U Naam (Karakter en Outoriteit) lief.Spr 4:25-27

133. Rig my voetstappe op U pad, laat die bose nie oor my heers nie.

134. Bevry my van die onderdrukking van mense sodat ek U instruksies kan hou.

135. Laat U gesig skyn oor U dienskneg en leer my U instellings.

136. Riviere van water hardloop by my oë af, want mense onderhou nie U wet nie.

137. U is regverdig, oיהוה en U oordele is reguit.

138. U het U getuienisse in onpartydige opregtheid en betroubaarheid beveel.

139. Ywer het my verteer omdat U vyande U boodskap vergeet het.

140. U boodskap is baie suiwer; daarom het U dienskneg dit lief.

141. Ek is klein en word verag, tog vergeet ek nie U instruksies nie.

Psalms 119