Psalms 119:124-128 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

124. Handel met U dienskneg volgens U goedheid en leer my U instellings.

125. Ek is U dienskneg, gee my U begrip sodat ek U getuienisse kan ken.

126. Dit is tyd om יהוה te dien, want hulle het U wet tot niks gemaak;

127. daarom het ek U opdragte meer lief as goud, ja, meer as kosbare stene;

128. daarom het ek al U instruksies lief en ek haat al die metodes van die bose.

Psalms 119