Psalms 119:114-125 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

114. U is my Skuilplek en my Skild; my versekerde verwagting is in U boodskap.

115. Gaan weg van my, julle boosdoeners, sodat ek die opdragte van my God kan uitvoer!

116. Versterk my volgens U boodskap en ek sal lewe en laat my nie beskaamd wees as gevolg van my versekerde verwagting nie.

117. Help my en ek sal veilig wees en ek sal voortdurend let op U instellings.

118. U het almal verwerp wat van U instellings afdwaal, want hulle gedagtes is bedrieëry.

119. Onderhou U my en ek sal veilig wees en altyd U opdragte oordink.

120. My vlees krimp ineen uit vrees vir U en ek is bang vir U oordele.

121. U wat regverdige oordeel en regverdigheid toepas, los my nie in die hand van my onderdrukkers nie.

122. Vertroos U dienskneg met goedheid; laat die arrogante nie sleg praat van my nie.

123. My oë verlang na U verlossing en na die boodskap van U onpartydige opregtheid.

124. Handel met U dienskneg volgens U goedheid en leer my U instellings.

125. Ek is U dienskneg, gee my U begrip sodat ek U getuienisse kan ken.

Psalms 119