Psalms 119:10-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Ek het U gesoek met my hele verstand, wil en emosie; laat my nie afdwaal van U opdragte nie.

11. U woorde het ek beskerm in my verstand sodat ek nie teen U sal sondig nie.

12. Geseënd is U, o יהוה! Leer my U instellings!

13. Met my lippe het ek al U regverdige oordele oorvertel.

14. Ek was verheug in die lewenswyse van U getuienisse; meer as in alle rykdom.

15. Ek het U instruksies oordink en is bekend met U lewenswyses.Deut 17:18-20

16. Ek het U wet oordink sodat ek nie U boodskappe sal vergeet nie.

17. Antwoord U dienskneg sodat ek kan lewe en U boodskappe gehoorsaam.

18. Maak U my oë oop sodat ek wonderlike dinge vanuit U wet kan raaksien.

19. Ek is ’n besoeker by U; steek nie U opdragte vir my weg nie.

20. My lewe is stukkend van verlange na U oordele ten alle tye.

Psalms 119