Psalms 118:27-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. יהוה, ons God, gee vir ons lig, bind U ons feesvieringe met bande soos ’n ononderbroke ketting vas, selfs aan die horings van die altaar.

28. U is my God en ek sal U loof met uitgestrekte hande; U is my God en ek sal U verhoog.

29. Loof יהוה met uitgestrekte hande, want Hy is goed, want Sy goedheid duur vir ewig!

Psalms 118