Psalms 115:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nie aan ons nie, o יהוה, nie aan ons nie, maar gee eer en lof aan U Naam (Karakter en Outoriteit), om U goedheid en waarheid se ontwil

2. sodat die ander nasies geen rede het om te sê: “Waar is hulle God nou?” nie.

3. Ons God is egter in die hemele; Hy het gedoen wat Hom tevrede stel.

4. Die afgode van die ander nasies is silwer en goud, die werk van mensehande.

Psalms 115