Psalms 111:7-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Die werke van Sy hande is waarheid en regverdige oordeel en hulle duur voort vir ewig en ewig.

8. Al Sy opdragte is seker en word gedoen in waarheid en opregtheid.Luk 1:50

9. Hy het verlossing na Sy volk gestuur; Sy verbond sal altyd onthou word; Sy Naam (Karakter en Outoriteit) is afgesonderd en respekvol gevrees.

10. Die respekvolle vrees van יהוה is die begin van wysheid; almal wat Sy opdragte uitvoer, het ’n goeie begrip. Sy lofprysing duur vir ewig.

Psalms 111