1. ’n Lied, ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 My verstand, wil en emosie is gereed, o God. Ek sal sing en musiek maak, selfs vanuit my eer.Ps 57:8-12
2. Ontwaak my harp en lier! Ek self sal vroeg opstaan.
3. Ek wil U loof en dank met uitgestrekte hande onder die volke, o יהוה en ek wil sing en musiek maak tot U, onder die nasies,
4. want U goedheid is groot tot by die hemele en U waarheid tot by die hemel van hemele.
5. Wees U opgelig, o God, bo die hemele en U grootheid bo die hele aarde
6. dat dié vir wie U lief is, bevry kan word! Red my met U regterhand en antwoord my!
7. God het gepraat in Sy Afgesonderdheid: “Ek sal spring van vreugde, Ek sal Sh’khem verdeel en die vallei van Sukkot afmeet.