1. Van Dawid. Loof en eer יהוה, o my lewe en alles wat binne-in my is, loof en eer Sy Afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit)!
2. Loof en eer יהוה, o my lewe en moenie al Sy dade vergeet nie:
3. wat al jou morele boosheid vergewe, wat al jou siektes genees;
4. wat jou lewe losgekoop het van vernietiging; wat jou kroon met goedheid en liefdevolle omgee;
5. wat jou mond versadig met goeie dinge sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ’n arend.