Numeri 7:48-59 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

48. Op die sewende dag het Elishama, die seun van `Ammihud, die leier van die seuns van Efrayim ’n offer aangebied.

49. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

50. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

51. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

52. een bokram as sondoffer

53. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Elishama, die seun van `Ammihud.

54. Op die agtste dag het Gamli’el, die seun van P’dahtzur, die leier van die seuns van M’nasheh ’n offer aangebied.

55. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

56. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

57. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

58. een bokram as sondoffer

59. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Gamli’el, die seun van P’dahtzur.

Numeri 7