Numeri 26:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. van Hetzron, die familie van die Hetzroniete; van Karmi, die familie van die Karmiete.

7. Hierdie is die families van die Re’uveniete en die van hulle wat getel is, was drie en veertig duisend sewe honderd en dertig (43 730).

8. Die seuns van Pallu was: Eli’av;

9. die seuns van Eli’av was: N’mu’el, Datan en Aviram. Dit is dieselfde Datan en Aviram wat uit die vergadering uitgeroep was, wat gestry het teen Moshe en Aharon in die groep van Korag, om teen יהוה te stry.

10. Die aarde het sy mond oopgemaak en hulle ingesluk, saam met Korag, toe daardie groep dood is en die vuur twee honderd en vyftig man verteer het en hulle het ’n waarskuwing geword.

11. Die seuns van Korag het egter nie gesterf nie.

12. Die seuns van Shim’on, volgens hulle families: van N’mu’el, die familie van die N’mu’eliete; van Yamin, die familie van die Yaminiete; van Yakhin, die familie van die Yakhiniete;

13. van Zerag, die familie van die Zeragiete; van Sha’ul, die familie van die Sha’uliete.

14. Hierdie is die families van die Shim’oniete, twee en twintig duisend twee honderd (22 200).

15. Die seuns van Gad, volgens hulle families: van Tz’fon, die familie van die Tz’foniete; van Haggi, die familie van die Haggiete; van Shuni, die familie van die Shuniete;

16. van Ozni, die familie van die Ozniete; van `Eri, die familie van die `Eriete;

Numeri 26