49. van Yetzer, die familie van die Yitzriete; van Shillem, die familie van die Shillemiete.
50. Hierdie is die families van Naftali, volgens hulle families; die van hulle wat getel is, was vyf en veertig duisend vier honderd (45 400).
51. Hierdie is die wat getel is van die seuns van Yisra’el: ses honderd en een duisend sewe honderd en dertig (601 730).
52. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
53. “Vir hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word, volgens die getal name.