Numeri 16:43-47 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

43. Moshe en Aharon het voor die Tent van Ontmoeting gekom.

44. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

45. “Kom weg vanuit hierdie vergadering sodat Ek hulle in ’n oomblik kan verteer;” en hulle val op hulle gesigte neer.

46. Moshe sê vir Aharon: “Vat ’n vuurpan en gooi vuur van die altaar daarop en sit reukwerk daarop en vat dit gou na die vergadering toe en doen toedekking vir hulle, want woede het vanuit יהוה uitgegaan, die plaag het begin!”

47. Aharon vat dit soos Moshe gesê het en hardloop tussen die vergadering in en let op, die plaag het reeds onder die volk begin! Hy het die reukwerk opgesit en toedekking gedoen vir die volk.

Numeri 16