65. Die leiers van Yisra’el het vir hulle gesê dat hulle nie mag eet van die mees afgesonderde dinge nie totdat ’n hoofpriester sou opstaan en navraag doen met urim en tummim.
66. Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend vier honderd en sewentig,
67. behalwe hulle slawe en hulle slavinne, waarvan daar sewe duisend drie honderd drie en dertig was en hulle wat met sang bedien het, twee honderd vyf en veertig sangers en sangeresse.
68. Hulle kamele was vier honderd vyf en dertig;
69. hulle donkies, ses duisend sewe honderd en twintig.