Negemyah 3:18-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Ná hom het hulle broers, Bawai, die seun van Henadad, goewerneur van Ke’ilah, reggemaak.

19. Langs hom het `Ezer, die seun van Yeshua, die heerser van Mitzpah, nog ’n seksie reggemaak teen die afgaan na die wapenhuis, by die draai van die muur.

20. Ná hom het Barukh, die seun van Zakkai, ywerig onderneem en die ander stuk reggemaak; vanaf die draai van die muur tot by die deur van die huis van die hoofpriester, Elyashiv.

21. Ná hom het M’remot, die seun van Uriyah, die seun van Hakkotz, nog ’n stuk, vanaf die deur van die huis van Elyashiv tot by die end van die huis van Elyashiv reggemaak.

22. Ná hom het die priesters, die manne van die vlakte, reggemaak.

Negemyah 3