Mikhah 1:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die boodskap van יהוה wat tot Mikhah van Moreshet, gekom het, in die dae van Yotam, Agaz en Hizkiyahu, konings van Y’hudah; wat hy gesien het aangaande Shomron en Yerushalayim:

2. “Luister en doen, o volke, almal van julle; o aarde en alles wat dit bevat en laat יהוה-God ’n getuie teen julle wees, יהוה vanaf Sy afgesonderde tempel,

3. want let op, יהוה kom vanuit Sy plek. Hy sal afkom en loop op die hoë plekke van die aarde.

Mikhah 1