Mattityahu 27:32-47 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Terwyl hulle uitgaan, vind hulle ’n man van Kurene, met die naam van Shim’on en dwing hom om Sy kruis te dra

33. en hulle het gekom by ’n plek wat Gulgolta genoem word; dit beteken: Plek van die Kopbeen.

34. Hulle het vir Hom asyn, met ’n doofmiddel gemeng, gegee om te drink en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie,

35. maar toe hulle Hom gekruisig het, het hulle Sy klere verdeel deur die lot te werp.

36. Hulle het gaan sit om daar oor Hom wag te hou

37. en bokant sy kop het hulle sy oortreding neergeskryf: HY IS YESHUA, DIE KONING VAN DIE JODE.

38. Saam met Hom is twee diewe gekruisig, een aan die regter- en een aan die linkerkant.Ps 22:8

39. Die verbygangers het Hom beledig terwyl hulle hul koppe skud

40. en sê: “U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom van die kruis af!”

41. Net so het ook die leierpriesters, saam met die leraars van die wet, die oudstes en die Fariseërs, gespot en gesê:

42. “Ander het Hy gered, Homself kan Hy nie red nie. As Hy die Koning van Yisra’el is, laat Hom nou van die kruis afkom en ons sal in Hom vertrou.”Ps 22:9 want Hy het gesê: ‘Ek is die Seun van God’.”

43. “Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou red as Hy so wil;

44. Net so ook het die diewe wat saam met Hom gekruisig is, Hom ook beledig.

45. Van die sesde uur (twaalf uur middag) af het daar duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur (drie uur) toePs 22:2

46. en omtrent die negende uur het Yeshua met ’n harde stem uitgeroep en gesê: “My Magtige God! My Magtige God! Waarom spaar U my nog (duur dit voort)?”

47. Sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: “Hy roep vir Eliyahu.”Ps 69:22

Mattityahu 27