Mattityahu 27:31-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. Nadat hulle Hom gespot het, trek hulle die mantel uit en trek Sy klere vir Hom aan en vat Hom weg om gekruisig te word.

32. Terwyl hulle uitgaan, vind hulle ’n man van Kurene, met die naam van Shim’on en dwing hom om Sy kruis te dra

33. en hulle het gekom by ’n plek wat Gulgolta genoem word; dit beteken: Plek van die Kopbeen.

34. Hulle het vir Hom asyn, met ’n doofmiddel gemeng, gegee om te drink en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie,

Mattityahu 27