Mattityahu 26:4-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. en hulle het ’n vergadering gehou oor Yeshua om Hom deur misleiding te vang en te vermoor.

5. Hulle het gesê: “Nie tydens die fees nie sodat daar nie ’n oproer onder die mense ontstaan nie.”

6. Toe Yeshua in Beit-Anyah, in die huis van Shim’on, die pottebakker was,

7. kom ’n vrou na Hom toe met ’n fles geparfumeerde olie wat baie duur is en gooi dit op sy kop uit terwyl Hy aan die tafel skuinsgelê het,

8. maar toe Sy studentevolgelinge dit sien, was hulle ontsteld en sê: “Hoekom dit mors,

9. want dit kon vir baie verkoop en die geld dan aan die armes gegee word?”

10. Yeshua het dit geweet en sê vir hulle: “Waarom val julle die vrou lastig omdat sy ’n pragtige daad vir My gedoen het?

Mattityahu 26