Mattityahu 22:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hulle het egter minagting gewys en weggegaan, een na sy lande en ’n ander na sy besigheid

6. en ander het sy slawe gegryp, mishandel en doodgemaak.

7. Toe die koning dit hoor, het hy woedend geword en sy soldate gestuur en daardie moordenaars uitgewis en hulle stad aan die brand gesteek.

8. Toe sê hy vir sy diensknegte: ‘Die huweliksfees is gereed, maar die genooides was dit nie waardig nie,

9. gaan daarom na die einde van die paaie en nooi almal wat julle vind na die huweliksfees.’

Mattityahu 22