22. en alles wat julle ook al in gebed vra en julle vertrou, sal julle ontvang.”
23. Toe Yeshua in die tempel ingegaan het, kom die leierpriesters en die oudstes van die volk na Hom toe terwyl Hy besig was om te leer en hulle sê vir Hom: “In watter outoriteit doen U hierdie dinge en wie het aan U hierdie outoriteit gegee?”
24. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek sal julle ook een ding vra en as julle My antwoord, sal Ek julle sê in watter outoriteit Ek hierdie dinge doen.
25. Die doop van Yoganan, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense?” Hulle het dit eenkant bespreek en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel,’ dan sal Hy ons vra: ‘Waarom het julle hom nie geglo nie?’
26. en as ons sê: ‘Uit mense,’ dan moet ons oppas vir die skare, want almal beskou Yoganan as ’n profeet.”