18. “’n Stem is in Ramah gehoor: geklaag en bitter gehuil; dit was Ragel wat oor haar kinders huil en weier om vertroos te word omdat hulle nie meer leef nie.”
19. Toe Herodes dood is, het daar ’n boodskapper van יהוה in ’n droom aan Yosef in Mitzrayim verskyn
20. en gesê: “Staan op, neem die Seun en Sy moeder en gaan na die land van Yisra’el, want hulle wat die lewe van die Seun gesoek het, is dood.”
21. Yosef het opgestaan, die Seun en Sy moeder gevat en na die land van Yisra’el gegaan.