Mattityahu 16:5-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. en toe Sy studentevolgelinge na die oorkant gegaan het, het hulle vergeet om brood saam te vat,

6. maar Hy sê vir hulle: “Let op na en wees versigtig vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.”

7. Hulle het dit onder mekaar bespreek en gesê: “Dit is omdat ons geen brood gebring het nie,”

8. maar Yeshua het dit geweet en vir hulle gesê: “Kleintjies in vertroue, wat bespreek julle onder mekaar dat julle geen brood gebring het nie?

9. Verstaan julle tot nou toe nog nie en onthou julle ook nie die vyf brode en die vyf duisend en hoeveel groot mandjiesvol julle opgetel het nie?

10. Ook nie die sewe brode van die vier duisend en hoeveel ronde mandjiesvol julle opgetel het nie?

11. Hoe is dit dat julle nie verstaan dat Ek nie oor brood met julle gepraat het nie, maar om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs?”

12. Toe het hulle verstaan dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van brood nie, maar vir die leringe van die Fariseërs en Sadduseërs.

13. Toe Yeshua in die gebied van Kaisareia-Filippoi kom, vra Hy Sy studentevolgelinge en sê: “Wie sê die mense dat Ek is, net ’n seun van ’n mens?”

14. Hulle antwoord: “Sommige sê Yoganan, die Doper, maar ander Eliyahu en ander Yirmeyahu of een van die profete.”

Mattityahu 16