Mattityahu 10:18-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Hulle sal julle ook voor streeksleiers en konings bring, om My ontwil, tot ’n getuienis vir hulle en vir die ander nasies,

19. maar wanneer hulle julle arresteer, moenie bekommerd wees oor hoe, of wat, julle sal sê nie, want wat julle moet sê sal op daardie oomblik vir julle gegee word,

20. want dit sal nie julle wees wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle praat.Mik 7:2,5

21. ’n Broer sal sy broer tot die dood oorlewer en die vader sy kind en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaakOpen 2:26; Open 3:12,21

22. en almal sal julle haat ter wille van My Outoriteit en Karakter (Naam), maar wie ook al uithou tot die einde toe, hy sal gered word.

23. Wanneer hulle julle vervolg in hierdie stad, vlug na ’n ander toe, want dit is waar wat Ek vir julle sê: ‘Julle sal nie die stede van die huis van Yisra’el voltooi voordat die Seun van die mens sal kom nie.’

24. Daar is nie ’n leerling groter as sy leermeester nie en net so ook nie ’n dienskneg groter as sy meester nie.

25. Dit is vir die studentevolgeling genoeg dat hy soos sy leermeester sal wees en die dienskneg soos sy meester. As hulle die meester van die huis Ba’al-Z’vuv genoem het; hoeveel te meer sy huisgenote!Spr 3:32

26. Wees daarom nie bang vir hulle nie, want daar is niks bedek wat nie openbaar sal word nie en geheim wat nie bekend sal word nie.

27. Wat Ek ook al vir julle in die donker vertel, sê dit in die lig en enige iets wat julle in julle oor hoor, verkondig dit op die dakke.

Mattityahu 10