4. Wanneer hulle van die markplein af kom, eet hulle nie as hulle nie seremonieel gewas het nie en daar is baie ander dinge wat hulle vir hulleself aangeneem het om te onderhou: die seremoniële was van bekers, potte, koperware en beddens.
5. Die Fariseërs en die leraars van die wet vra vir Hom: “Waarom leef U studentevolgelinge nie volgens die tradisies van die oudstes nie, maar eet brood met ongewaste hande?”
6. Hy antwoord en sê vir hulle: “Yesha’yahu het reg geprofeteer oor julle, toneelspelers van ’n vals karakter, soos geskrywe is: ‘Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle gedagtes en wil is ver van My afYes 29:13
7. en verniet vereer hulle My deur leringe te leer wat opdragte van mense is,’