Markos 6:31-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. en Hy sê vir hulle: “Kom julle, ons sal alleen na die platteland toe gaan dat julle kan rus,” want daar was baie wat kom en gaan en hulle het selfs geen geleentheid gehad om te eet nie.

32. Hulle het alleen met die boot na ’n verlate plek gegaan

33. en die menigte mense het hulle sien weggaan en baie het Hom herken en te voet van al die stede af aangehardloop voor Hom uit na daardie plek toe.

Markos 6