Markos 16:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe die Shabbat verby was, het Miryam van Migdala, Miryam, die moeder van Ya’akov en Shalomé, soet speserye gekoop om Hom te gaan salf.

2. Baie vroeg op die eerste dag van die week, met die opkoms van die son, kom hulle by die graf

3. en hulle sê vir mekaar: “Wie sal vir ons die klip voor die opening van die graf wegrol,”

Markos 16