Markos 15:5-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Yeshua het egter geen antwoord gegee nie sodat Pilatos gewonder het.

6. Hy het ’n tyd daargestel op elke fees om vir hulle een gevangene, die een waarvoor hulle gevra het, los te laat.

7. Daar was een genaamd Bar-Abba, wat saam met mede-oproermakers gevang is; hulle wat in die opstand ’n moord gepleeg het.

8. Die skare het uitgeroep en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd.

Markos 15