Markos 15:45-47 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

45. en toe hy dit van die kaptein oor ’n honderd verneem het, het hy die liggaam aan Yosef gegee.

46. Yosef het linne gekoop, Hom afgehaal, in die linne toegedraai en Hom neergelê in ’n graf wat uitgekap was in ’n rots en hy het ’n klip voor die opening van die graf gerol.

47. Miryam van Migdala en Miryam, die moeder van Yosi, het gesien waar Hy neergelê is.

Markos 15