Mal'akhi 2:6-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Ware instruksie was in sy mond en partydigheid en onreg is nie op sy lippe gevind nie; hy het in vrede en opregtheid saam met My geloop en hy het baie mense teruggedraai van onregverdigheid af,

7. want die lippe van ’n priester moet kennis bewaar en mense moet instruksie uit sy mond soek, want hy is die boodskapper van יהוה-Tzva’ot.

8. Júlle het egter van die pad afgewyk, julle het baie deur die instruksies laat struikel; julle het die verbond met Levi korrup gemaak,” sê יהוה-Tzva’ot.

9. “So het Ek julle ook veragtelik en vernederd voor al die mense gemaak, net soos julle nie My lewenswyse hou nie, maar partydigheid wys deur die instruksies.”

10. Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons verraderlik elkeen teenoor sy broer, om so die verbond van ons vaders te onteer?2 Kon 23:4

11. Y’hudah het verraderlik gehandel en ’n verwerplikheid is in Yisra’el en in Yerushalayim gedoen, want Y’hudah het die Afgesonderde Plek van יהוה onteer, wat Hy liefhet en die dogter van ’n vreemde god getrou.

Mal'akhi 2