Luka 6:12-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Dit het in daardie dae gebeur dat Yeshua uitgegaan het na ’n berg om te bid en Hy was die hele nag in gebed tot God

13. en toe dit dag geword het, het Hy Sy studentevolgelinge na Hom toe geroep en twaalf uit hulle gekies, wat Hy afgevaardigdes genoem het:

14. Shim’on, wat Hy Kefa genoem het en Andréas, sy broer; Ya’akov en Yoganan; Filippos en die seun van (Bar-)Talmai;

15. Mattityahu en T’oma; Ya’akov die seun van Halfai en Shim’on wat Yweraar genoem word;

16. Y’hudah, die seun van Ya’akov en Y’hudah van K’riot, wat die verraaier geword het.

17. Yeshua het saam met hulle afgeklim en in die vallei gaan staan en daar was ’n menigte van Sy studentevolgelinge en ’n groot menigte mense van die hele Y’hudah, Yerushalayim en van die kus van Tzor en Tzidon af

18. wat gekom het om Sy boodskap te hoor en van hulle siektes gesond gemaak te word en ook die wat lastig geval was deur onrein geeste, is genees.

19. Al wat die skare begeer het, was om aan Hom te raak omdat krag voortdurend uit Hom uitgegaan en almal gesond gemaak het.

20. Toe slaan Hy sy oë op oor Sy studentevolgelinge en sê: “Uitermate gelukkig is julle, armes, want aan julle behoort die Koninkryk van God.

Luka 6