1. Yeshua, vol van die Gees van Afsondering, het teruggekeer van die Yarden af en is deur die Gees in die wildernis ingelei,
2. waar Hy veertig dae lank deur die valse aanklaer getoets is. Hy het niks geëet in dié dae nie en na afloop van dié tydperk, was Hy honger.
3. Die teëstander sê vir Hom: “As Jy die Seun van God is, sê vir hierdie klip om brood te word.”Deut 8:3
4. Yeshua antwoord en sê vir hom: “Dit is geskrywe dat die mens nie van brood alleen sal lewe nie, maar van elke verklaring van God.”
5. Die teëstander vat Hom op teen ’n hoë berg (hoë punt van menslike ambisie) en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ’n oogwink
6. en die teëstander sê vir Hom: “Ek sal vir Jou al hierdie outoriteit en eer, lof en aanbidding gee, want dit is aan my oorgegee en ek gee dit aan wie ek wil.