38. Hulle sê vir Hom: “Ons Meester, let op, hier is twee swaarde.” Hy antwoord hulle: “Dis nou genoeg!”
39. Hy het uitgegaan en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. Sy studentevolgelinge het Hom ook gevolg.
40. Toe Hy aankom op die plek, sê Hy vir hulle: “Bid dat julle nie getoets word nie.”
41. Hy het Hom ’n klipgooi ver van hulle af onttrek, neergekniel, gebid
42. en gesê: “Vader, as U so wil, neem hierdie beker van My af weg! Laat dit nogtans wees volgens U wil en nie Myne nie!”
43. ’n Engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk
44. en in spanningsangs het Hy meer intens gebid en Sy sweet was soos bloeddruppels en Hy het op die grond neergeval.
45. Hy het opgestaan van Sy gebed af en by Sy studentevolgelinge gekom en hulle aan die slaap gevind van angs
46. en Hy sê vir hulle: “Hoekom slaap julle? Staan op en bid dat julle nie getoets word nie.”
47. Terwyl Hy nog praat, let op, kom daar ’n groep mense en hy wat Y’hudah genoem word, een van die twaalf, het voor hulle uitgeloop na Yeshua toe en Hom gesoen, as ’n teken wat hy vir hulle gegee het: “Wie ek ook al soen, dit is Hy.”
48. Yeshua sê vir hom: “Y’hudah, verraai jy die Seun van die mens met ’n soen?”
49. Toe die wat by Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: “Ons Meester, moet ons hulle met swaarde neerslaan?”