12. maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer aan vergaderings en tronke en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van My Karakter en Outoriteit (Naam).
13. Dit sal met julle gebeur as ’n getuienis.
14. Maak dit vas in julle verstand, wil en emosie dat julle nie vooraf geleer sal word oor ’n antwoord nie,
15. want Ek sal aan julle ’n mond van wysheid gee waarteen al julle teëstanders nie sal kan staan nie.
16. Julle sal egter ook oorgelewer word deur julle ouers, broers, familie en julle vriende en hulle sal sommige van julle doodmaak.
17. Julle sal deur almal gehaat word ter wille van My Karakter en Outoriteit (Naam)
18. en geen haar van julle kop sal aangeraak word nie.