Luka 15:4-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. “Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle raak weg, laat nie die nege en negentig in die wildernis staan en gaan soek die een wat weg is totdat hy dit kry nie?

5. Wanneer hy dit kry, sit hy dit met vreugde op sy skouers

6. en wanneer hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat weg was.’

7. Ek sê vir julle dat daar dieselfde vreugde sal wees in die hemel oor een sondaar wat terugkom huis toe, méer as oor nege en negentig onskuldiges wat nie nodig het om huis toe te kom nie.

8. Of watter vrou, wat tien zuzin het; wanneer een zuza wegraak, steek nie ’n lamp op en vee die huis uit en soek versigtig totdat sy dit kry nie?

9. Wanneer sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees verheug saam met my, want ek het die zuza gekry wat weg was.’

10. So, sê Ek vir julle, is daar vreugde voor die engele van God oor een sondaar wat terugkeer huis toe.”

11. Weer sê Yeshua vir hulle: “’n Sekere man het twee seuns gehad

12. en die jongste seun sê vir hom: ‘My vader, gee vir my die deel van u boedel wat my toekom.’ Hy het sy rykdom tussen hulle verdeel en

Luka 15