Luka 11:52-54 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

52. Wee julle, kenners van die wet, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem. Self het julle nie ingegaan nie en julle het die wat wou ingaan, gekeer.”

53. Nadat Hy dit aan hulle gesê het, het die leraars van die wet en die Fariseërs begin om ernstig aanstoot te neem aan Hom en Sy woorde verkleineer

54. en bedrieglik teenoor Hom opgetree op baie maniere terwyl hulle gesoek het na iets uit Sy mond sodat hulle Hom kon beskuldig.

Luka 11