Luka 1:8-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Dit was terwyl hy sy priesterlike funksie voor God uitgevoer het, toe dit sy afdeling se beurt was,

9. dat hy deur die lot verkies is (volgens die priesterlike gebruik) om in te gaan in die tempel van יהוה en wierook te brand

10. en die hele skare mense was buite, besig om te bid op die tyd wat die wierook aangesteek word.

11. Daar verskyn toe aan Z’kharyah ’n boodskapper van יהוה, aan die regterkant van die wierookaltaar.

12. Z’kharyah was ontsteld toe hy hom sien; vrees het hom oorval

13. en die boodskapper sê vir hom: “Moenie bang wees nie Z’kharyah, want jou gebed is gehoor; jou vrou Elish’va sal vir jou geboorte gee aan ’n seun en jy moet hom Yoganan noem

14. en daar sal vir jou blydskap en vreugde wees en baie sal bly wees oor sy geboorte,

15. want hy sal groot wees voor יהוה: Hy mag geen wyn en sterk drank drink nie en hy sal vol wees van die Gees van Afsondering reeds vanaf sy moeder se baarmoeder af

Luka 1