Levitikus 4:16-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Die gesalfde priester moet van die bloed van die bul na die Tent van Ontmoeting bring

17. en die priester moet sy vinger in die bloed steek en dit sewe maal voor יהוה, voor die verdelingsgordyn sprinkel

18. en hy moet van die bloed aan die horings van die altaar wat voor יהוה in die Tent van Ontmoeting is, smeer en hy moet al die orige bloed uitgooi aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting is.

Levitikus 4