35. As een van jou broers by jou arm word en sy land word wankelrig, moet jy hom ondersteun, soos ’n vreemdeling of ’n besoeker sodat hy by jou kan leef.
36. Jy moet geen rente of wins van hom vat nie, maar jy moet jou God respekvol vrees sodat jou broer by jou kan leef.
37. Jy mag nie jou geld vir hom op rente gee nie of vir hom jou kos teen ’n wins gee nie.
38. Ek is יהוה, julle God, wat julle uit die land Mitzrayim uitgelei het om vir julle die land Kena’an te gee en om julle God te wees.
39. As een van jou broers wat by jou bly arm word en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie dwing om as ’n slaaf te dien nie.File 1:16
40. Soos ’n huurling, soos ’n besoeker, moet hy by jou wees en jou dien tot die jubeljaar toe;
41. dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom en hy moet na sy familie terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan,
42. want hulle is My knegte wat Ek uit Mitzrayim uitgelei het; hulle mag nie verkoop word as slawe nie.Eks 21:2-6
43. Jy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou God respekvol vrees.
44. Aangaande jou slaaf of jou slavin van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle ’n slaaf of slavin koop, wat aan jou sal behoort.
45. Meer nog, van die kinders van die besoekers wat by julle bly; van hulle mag julle koop en van hulle familie wat by julle is, wat gebore is in julle land en dié sal julle besittings wees.