16. As daar saad van ’n man af uitgaan, moet hy sy hele liggaam in water was en hy sal onrein wees tot die aand toe.
17. Elke kledingstuk en elke veldeel waar die saad op kom, moet in water gewas word en dit bly onrein tot die aand toe.
18. As ’n man met ’n vrou gemeenskap het sodat daar saad afkom, moet albei in water was en hulle sal onrein wees tot die aand toe.
19. As ’n vrou ’n uitskeiding het en die uitskeiding uit haar liggaam bloed is, is sy sewe dae lank onrein en elkeen wat aan haar raak, sal onrein wees tot die aand toe.
20. Alles waarop sy tydens haar onreinheid lê, sal onrein wees en alles waarop sy sit, sal onrein wees.
21. Elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en in water bad en sal tot die aand toe onrein wees.