52. Hy moet die huis reinig met die bloed van die voël, sowel as met die lopende water, die lewende voël, die sederhout, die hisop en die skarlaken.
53. Hy moet die lewende voël buitekant die stad in die oop veld loslaat en so toedekking doen vir die huis en dit sal rein wees.
54. Dit is die wet oor elke plaag van melaatsheid en oor skurfheid,
55. oor melaatsheid van klere en huise
56. en oor swelsels, uitslag en helder vlekke,
57. om te leer wanneer iets onrein en wanneer iets rein is. Dit is die wet aangaande melaatsheid.”