29. Die res van die olie wat in die priester se hand is, moet hy op die kop, van hom wat gereinig word, gooi, om toedekking vir hom te doen voor die Teenwoordigheid van יהוה.
30. Hy moet een van die tortelduiwe of van die jong duiwe, soos wat hy kan bekostig, offer.
31. Die een as sondoffer en die ander as brandoffer, saam met die graanoffer. So moet die priester vir hom wat gereinig word, toedekking doen voor die Teenwoordigheid van יהוה.
32. Dit is die wet vir hom wat ’n plaag van melaatsheid gehad het, wat nie die gewone reiniging kan bekostig nie.”
33. יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:
34. “Wanneer julle in die land Kena’an inkom, wat Ek vir julle as besitting gee en Ek die plaag van melaatsheid in ’n huis van die land van julle besitting laat kom,
35. moet hy aan wie die huis behoort, kom en die priester inlig en sê: ‘Dit lyk of daar ’n plaag in die huis is.’