1. יהוה het weer met Moshe en Aharon gepraat en vir hulle gesê:
2. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘Hierdie is die diere wat julle mag eet vanuit al die viervoetige diere wat op die aarde is.
3. Vanuit die diere: alles wat gesplete hoewe het, heeltemal gesplit en herkou; dit mag julle eet.
4. Nogtans mag julle die volgende nie eet van die wat herkou en van die wat gesplete hoewe het nie: die kameel is onrein vir julle, want hy herkou, maar het nie gesplete hoewe nie;
5. die dassie is onrein vir julle, want hy herkou, maar het nie gesplete pote nie;
6. die haas is onrein vir julle, want hy herkou, maar het nie gesplete pote nie;
7. ook die vark, want hy het gesplete hoewe, heeltemal gesplit, maar hy herkou nie en is onrein vir julle.Yes 65:4; Yes 66:17
8. Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle karkasse nie raak nie; hulle is vir julle onrein.
9. Dit mag julle eet van alles wat in die waters is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere, dit mag julle eet,