Kolossense 3:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As julle dus saam met Die Gesalfde Een opgestaan het, soek die dinge daarbo waar Die Gesalfde Een is en aan die regterhand van God sit.

2. Word gevoed deur die dinge wat daarbo is, nie met dit wat op die aarde is nie,

3. want julle is dood en julle lewe is saam met Die Gesalfde Een weggesteek in God.

4. Wanneer Die Gesalfde Een, wat ons lewe is, openbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid openbaar word.

Kolossense 3