Iyov 41:22-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Sy asem steek kole aan en ’n vlam kom uit sy mond.

23. Hy het groot krag in sy nek en vir hom is vrees soos om te dans.

24. Sy vleis is goed, vet en goed versorgd.

25. Sy binneste is nooit uit vrees laat bewe nie, maar is hard soos ’n klip, ja, soos vuursteen.

26. As gevolg van vrees vir hom is die magtiges bang

27. en die sterkes word verneder.

28. Die wond van ’n swaard het geen effek nie; hy verwyder die lanse van die magtiges.

29. Hy beskou yster as strooi en koper soos verrotte hout.

30. Die boog kan hom nie laat vlug nie; hy behandel slingerstene soos stoppels.

Iyov 41