Iyov 40:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het Iyov verder geantwoord en gesê:

2. “Die raadgewings van God is baie. Hy wat God teregwys, moet daarvoor antwoord!”

3. Toe het Iyov יהוה geantwoord en gesê:

4. “Let op, ek is onwaardig. Wat sal ek U antwoord? Ek sal my hand op my mond lê.

5. Een maal het ek gepraat, maar ek sal nie antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie verder gaan nie.”

6. Toe het יהוה vir Iyov vanuit die warrelwind geantwoord en gesê:

7. “Gord nou jou heupe vas soos ’n man; Ek sal jou ondervra en jy sal aan My verklaar:

8. wil jy My oordeel tot niet maak, My selfs veroordeel sodat jy geregverdig mag wees?Ps 29

Iyov 40